Koningskind avonture

'n kykie in die lewe van 'n dogtertjie op reis saam haar Koning.

Ek is getroud aan my beste este maatjie. Ons is op reis in ‘n tydelike tentjie totdat ons eendag by die Huis uitkom. Ek is lief vir blommetjies, ballet en buite-speel; verf, skets en skryf. Ek geniet foto’s neem. Ek is baie lief vir mense, veral kindertjies! Ek het onlangs verander in n tee drinker. Uitdagings wat deurdruk en vasbyt verg maak my opgewonde.

Op daardie noot… na 22 jaar verlaat ek die stille platteland vir ‘n avontuur na die Ooste!

Daar is min dinge wat my so gelukkig maak soos ‘n pen en stukkie papier in die hand. Ek is mal oor die allewige gesoek na die perfekte woorde om ‘n situasie, persoon of utisig te beskryf. Die kuns van ‘n storie inkleur en jou saam neem op ‘n avontuur. Karakters, emosies, geskets deur woorde.

Of dit nou ‘n storie, stukkie kuns, of fotografie is, mag jy daardeur ‘n duideliker prentjie sien van die koning en besef dat om hom te volg is die grootste avontuur!

Posted in

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started