Die oggendson bring die uitnodiging:
‘Sal jy vandag jou seile span,
die waters in vaar,
vertrou?’
Die bekende ou stemmetjie fluister dan:
vrees, onsekerheid, ongemak…
Daar is skynbare ‘veiligheid’ op die oewer,
droe voete en vertroue op self.
Maar op die horison verskyn die waarheid:
Oor die diepe waters sweef sy Gees,
vreugde heers te midde die storm,
‘n uitnodiging om nat te word,
‘n uitnodiging om te vertrou…
Verruil die wete van wat more inhou,
vir die wete van die Een wat more hou.
‘n vergete van My-probleme, My-gemak, My-toekoms;
vir ‘n avontuur van Sy-hart, Sy-liefde, Sy-toekoms.
vreesloos, vry, vergewe
vaar ek nou die diepe waters in.
In volle afhanklikheid van die Een
wat die waters beveel:
‘Wees stil.’
Leave a comment